Korporatiewe adviesoplossings
vir plaaslike, nasionale en internasionale uitdagings

Danny Luk

Senior ekwiteits
Hongkong, Makao, Singapoer

“Ons voldoen nie net aan mandate nie. Ons doen moeite om ons kliënte te leer ken om lonende langtermyn-verhoudings te bou wat lei tot uitnemendheid.”

Roberto Gilardino

Streeksvennoot
Noord-Asië en bykomende lande

“Ons rol die moue op en grawe diep wanneer dit by kliënte se ingewikkelde korporatiewe sake kom, om ontasbare bates te ontbloot wat van twyfelagtige situasies wensituasies maak.”

Lucia Myriam Netti

Streeksvennoot
Europa, Rusland, Belarus

“Om met suksesvolle oplossings vorendag te kom, verg ’n verbintenis tot deursigtigheid en vereis dat kliënte se illusies oor ‘wat gedoen kan word’ uit die weg geruim word.”

Regsadviseurs

Ons kan u bedien in u eie land én oorsee.

Elke dag maak globalisering van die wêreld ’n kleiner plek, en geleenthede vir maatskappye om oor grense heen uit te brei, word toenemend aantreklik. Om nuwe markte te betree, korporatiewe nakoming te behaal en bates vêr van die “huis” af te beskerm, bring egter regs- en kulturele kompleksiteite mee wat moeilik kan wees om te oorkom.

Horizons beskik oor ’n uiteenlopende netwerk van kantore en verteenwoordigers in meer as 30 lande om kliënte vinnig en doeltreffend van goeie advies in talle wêreldstreke en onder verskeie regstelsels te bedien, wat hulle in staat stel om die transnasionale aard van hedendaagse korporatiewe advies ten volle te kan benut.

Daar is prokureurs met unieke professionele ervaring in ons span regsadviseurs. Ons regsadviseurs hanteer nie net die wetlike en finansiële aspekte van kliënte se behoeftes nie, maar staan ook kliënte by om aan die kruiskulturele nuanses wat met korporatiewe bedrywighede gepaard gaan, aandag te kan skenk.

Horizons se netwerk van professionele regsadvieseurs staan gereed by ons drie hoofkantore in Hongkong, Sjanghai en Turyn. Van hierdie liggings af sal ons u koppel aan ’n adviseur wat aan u spesifieke behoeftes kan voldoen. Dit is alles deel van ons “een span, een fokuspunt”-benadering tot diens.

Ontmoet ’n paar van ons regsadviespersone

Cesar Amendolara — Brazil

Bas Besseling — The Netherlands

Lorenzo Croce — Switzerland

Julian Cockain-Barère — France

Jeffery Daar — USA

Slavi Dimitrov — Bulgaria

Maria Georgiou — Cyprus

Fernando Hernández Gómez — Mexico

Marlies Hoecherl — United Kingdom

Martin Hütte — Switzerland

Dubravka Kosic — Serbia

Gad Matalon — Italy

Ulrich Möllenhoff — Germany

Chiluba Mumba — Zambia

Mabel Parengkuan — Indonesia

Josep Mª Solsona Sancho — Spain

Adriana Piraíno Sansiviero — Brazil

Cengiz Söylemezoğlu — Turkey

Olufemi ‘Femi’ Sunmonu — Nigeria

Fernando Veiga Gomes — Portugal

Kom aan die gang

As u gereed is om u oplossing te begin vind, is ons gereed om te begin luister

Horizons is ’n unieke adviesfirma wat hoogs gespesialiseerde regs- en belastingoplossings bied vir ondernemings wat in die hedendaagse komplekse transnasionale korporatiewe omgewing wil floreer.

Ons gebruik ’n internasionale netwerk van professionele persone om die verskeie aspekte van korporatiewe sake kundig en doeltreffend te hanteer. Ons doen dit in verskeie wêreldstreke en onder verskeie regstelsels. Ons beskik oor begrip en vaardighede om sosialistiese, gemenereg, burgerlike en sjaria-wetgewing tot u voordeel te benut.

Die hedendaagse wêreld bring onvoorspelbare verandering en geopolitieke onbestendigheid mee wat vereis dat besighede behendig omgaan met ’n deurlopende verskeidenheid van plaaslike, nasionale en internasionale uitdagings waarmee hul werksaamhede te kampe het. Horizons bied ’n veelsydige adviesdiens met pasklaar- korporatiewe oplossings wat u spesifieke behoeftes proaktief voorspel.

As u op soek is na ’n firma wie se professionele dienste via ’n enkele fokuspunt aangebied word, wat oordeelkundig, voldoenend en deursigtig aan al u korporatiewe behoeftes voldoen, dan is u op soek na Horizons.  

Kom ons werk sáám om u oplossing te vind.

Danny Luk
Senior ekwiteitsvennoot

Neem die eerste stap om u korporatiewe oplossing te vind.

(Kies uit een van die opsies hier onder)

E-pos ons met ’n algemene navraag

Kontak een van ons drie hoofkantore

 

subscribe-button

Adviesdiens

Een span, een fokuspunt, een doelwit.

Horizons is ’n korporatiewe adviesdiens met ’n hoogs gespesialiseerde fokus op transnasionale korporatiewe transaksies en verwante aspekte. Besighede benut ons kundigheid om sin te maak van die komplekse landskap van reëls, regulasies en kruiskulturele nuanses wat hoort by ’n moderne korporatiewe lewensiklus.

Ons bied professionele praktyke wat binnelandse en multinasionale maatskappye en beleggers bystaan met alle wetlike vereistes en transaksies tot aan die einde. Ons kliëntebasis is hoofsaaklik ondernemings en individue uit geografiese gebiede waarvan ons ’n hoë vlak van kundigheid het, soos die Verre-Ooste, die Midde-Ooste, Europa, Rusland en Belarus.

Die sterk punt van Horizons se “een span, een fokuspunt, een doel”-benadering is dat dit sensitiwiteit inbring by oplossings vir meerdere internasionale belanghebbendes. Ons fokus veral op die afwisselende streeks-, sosiokulturele, politieke en godsdienstige verskille wat direk of indirek van toepassing kan wees op verskillende lande se regstelsels en hul unieke prosesse.

Horizons se professionele persone bied kundige, toekomsgerigte, realistiese korporatiewe oplossings waarop u kan vertrou.

Laai gerus die onderstaande dokumente af vir meer inligting oor die Horizons Corporate Advisory:

KORPORATIEWE BROSJURE
KORPORATIEWE BROSJURE
TAAL
LAAI AF
KUNDIGHEIDSBROSJURE
KUNDIGHEIDSBROSJURE
TAAL
LAAI AF

Ons help met kliënte behoeftes ingevolge sosialistiese, burgerlike, gemenereg en sjaria- (Islamitiese) reg.

 

Sosialistiese reg

Sosialistiese reg is ’n algemene soort regstelsel wat in kommunistiese en voormalige kommunistiese state gebruik word. Dit is gebaseer op burgerlike reg, met veranderinge en toevoegings weens Marxisties-Leninistiese ideologie.

Gemenereg

Gemenereg is regte wat deur besluite van howe en soortgelyke tribunale ontwikkel word, in teenstelling met statute wat deur wetgewende proses of regulasies van die uitvoerende tak van die regering aangeneem word.

Burgerlike reg

Burgerlike reg is ’n regstelsel wat in Europa ontstaan het binne die raamwerk van laat-Romeinse reg. Die belangrikste kenmerk daarvan is dat die kernbeginsels gekodifiseer word in ’n verwysbare stelsel wat as primêre bron van reg dien.

Sjaria-reg (Islamitiese reg)

Die woord sjaria kom van Arabies. Die verwys na geopenbaarde riglyne uit heilige boeke van Islam, insluitend die Soena. Sjaria is hoofsaaklik ’n lewenswyse vir Moslems wat alledaagse handelinge bereël, waaronder dinge wat by ander regstelsels val onder kontrakreg, handelsreg, familiereg, finansiële reg en bankreg.

Kundigheid

Ons hoofpraktykgebiede

Korporatief

  • Antitrust
  • Omgewing en hulpbronne
  • Ondernemingsprestasieverbetering
  • Finansiële bestuursverbetering
  • Regeringsake
  • Intellektuele eiendom
  • Beleggingsbestuur
  • IPO’s
  • Gesamentlike ondernemings en strategiese alliansies
  • Samesmeltings en verkrygings
  • Private ekwiteit
  • Private beleggingsfondse
  • Regulerende voldoening en verslagdoening
  • Herorganisasie
  • Transaksiedienste

Finansies

  • Rekeningkunde
  • Ontledende oudit
  • Sakeplan
  • Korporatiewe finansiële adviesdiens
  • Skuld- en eisverhandeling
  • Finansiële modellering
  • Finansiëlestaat-oudits
  • Interne oudit
  • Waardasieadviesdienste, Sjaria en Islamitiese finansies

Litigasie en geskiloplossing

  • Alternatiewe geskiloplossing
  • Appèlle
  • Besigheids- en deliktelitigasie
  • Burgerlike litigasie
  • Voldoening en verslagdoening
  • Kriminele proses
  • Direkteurs en beamptes
  • Intellektuele-eiendom-litigasie
  • Ondersoeke en witboordjiemisdaad
  • Uitgifte en appèlle
  • Litigasie
  • Aandeelhouersregte, betrekkinge en geskiloplossings-tegnologietransaksies

Belasting, indiensneming en werknemervoordele

  • Internasionale belasting
  • Indiensnemings- (arbeid) reg
  • Indiensnemingsmobiliteit en handelsgeheime
  • Internasionale vergoeding en voordele
  • Indirekte belasting
  • Arbeids-/bestuursverhoudinge
  • Arbeid en indiensneming
  • Samesmelting- en verkryging-belasting
  • Internasionale belasting
  • Hervestiging/immigrasie
  • Belasting
  • Belastingsrekeningkundige dienste
  • Belastingkontroversie- en geskikoplossing
  • Belastingbestuurkonsultasie
  • Oordragprysbepaling
  • Welvaartbeplanning en -beskerming

The Square

Horizons se blog met nuus, inligting en insigte

The Square is Horizons se maatskappyblog. Die blog se naam kom van die vierkantige vorm in ons logo (wat die totale beheer simboliseer wat nodig is vir behoorlike uitvoering) en hou verband met ons missie om sterk en goed gefundeerd te wees. Vir meer inligting oor ons logo, lees ons logo se verhaal.

The Square verteenwoordig ook in naam en gees die tradisionele idee van ’n oop byeenkoms waar mense bymekaarkom om te gesels, idees uit te wissel en nuus en inligting te kry.

Horizons glo dat blogs ’n kragtige kommunikasiemiddel is om vertroue in ons firma se kundigheid te vestig en dat dit help om aan diegene wat vir hul sakesukses van ons kundige advies afhanklik is, se behoeftes te voldoen.

Besoek gerus gereeld The Square gereeld en lees wat is nuus by Horizons en verder. Die blog is net in Engels beskikbaar.

Loopbane

Oorweeg ’n loopbaan by Horizons

Horizons bied realistiese korporatiewe oplossings vir kliënte, en daarom is Horizons op soek na talentvolle, hoëgehalte- professionele en ondersteunende personeel wat graag hul idees in werk wil omsit.

Wanneer u ’n lid van ons span word, maak ons staat op u insig, intellektuele oorweging, oplossingsgerigte ingesteldheid en vindingrykheid om uitdagende probleme vir kliënte op te los. U sal moet bewys dat u uiters bekwaam is, in staat is om komplekse korporatiewe kwessies te ondersoek en ’n breë perspektief toe te pas by plaaslike, nasionale en internasionale uitdagings.

Dit wat ons by Horizons doen, is komplekse, noodsaaklike werk wat lonend is en lei tot loopbaangroei. As dit vir u lyk of Horizons moontlik die plek vir u is, lees gerus ons huidige posaanbiedings en oorweeg dit om deel te word van ons span. U sal moet hard werk, maar die beloning is die moeite werd.

Werksgeleenthede

Klik die skakels en bekyk huidige poste beskikbaar in u veld.

Hoog opgeleide werk (0)

Ondersteuningspersoneel (0)

Word deel van die Horizons-netwerk

 

Kontak

Ons hoor graag van u

Kies asseblief van een van ons drie streekshoofkantore.

Sodra u ons kontak, sal ’n professionele adviseur begin om u behoeftes te bepaal, ongeag in watter streek, land of stad waar u of u bates geleë is.

Hongkong, Makao, Singapoer

HOOFKANTOOR

HORIZONS HONG KONG | holding

2F Surson Commercial Building
140-142 Austin Road
Tsim Sha Tsui (Kowloon)
Hong Kong SAR
Sjina
T +852 91502375
F +852 2314 3113
HKG@horizons-advisory.com

Streekskantore:


Makao
Singapoer

Noord-Asië en bykomende lande

HOOFKANTOOR

HORIZONS CHINA | corporate advisory

603B Lippo Plaza
222 Huaihai Middle Road
Huangpu Central District
200021 Shanghai
Sjina
T +86 21 5356 3400
F +86 21 5356 3420
CHN@horizons-advisory.com

Streekskantore:

Mongolië
Maleisië
Siprus
VAE
Pakistan

Europa, Rusland, Belarus

HOOFKANTOOR

HORIZONS ITALIË | Korporatiewe adviesdiens

Via Giolitti 49
10123 Turin (TO)
Italië
T +39 011 19711641
F +39 011 19711148
ITA@horizons-advisory.com

Streekskantore:

Duitsland
Frankryk
Portugal
Spanje
Switserland
Malta
Rusland
Belarus

Verteenwoordigers

  • ARMENIË
    Yerevan
  • BULGARYE
    Sofia
  • KAMBODJA
    Phnom Penh
  • KAMEROEN
    Yaoundé
  • KONGO
    Kinshasa
  • TSJEGGIË
    Praag
  • GEORGIË
    Batumi

  • IRAN
    Tehran
  • KAZAKSTAN
    Aktau
    Almaty
    Astana
  • LAOS
    Vientiane
  • LETLAND
    Riga
  • LIBANON
    Beiroet
  • LIBERIË
    Monrovia
  • MALAWI
    Blantyre

  • MALEISIË
    Koeala Loempoer
  • MONGOLIË
    Ulaanbaatar
  • NIGERIË
    Abuja
  • PALESTINA
    Nablus
  • FILIPPYNE
    Manila
  • KATAR
    Doha
  • SLOWAKYE
    Bratislava

  • SOEDAN
    Kartoem
  • SWEDE
    Stockholm
  • TURKYE
    Istanboel
  • TURKMENISTAN
    Ashgabat
  • OEGANDA
    Kampala
  • OEZBEKISTAN
    Tashkent

Privaatheid

In ’n era waarin digitale inligting oral rondlê, is u privaatheid belangriker as ooit.

Horizons is, in ooreenstemming met ons professionele plig en toepaslike wetgewing, daartoe toegewyd om kliënte, potensiële kliënte, geaffilieerdes en geaffilieerde individue se privaatheid en vertroulikheid van alle inligting te beskerm. Oordeelkundige hantering van inligting is net so belangrik vir ons besigheid soos vir u.

Ons tref ernstige voorsorgmaatreëls om u belange te beveilig, en onderneem alle kommersieel redelike stappe in ooreenstemming met bedryfspraktyke om elke kliënt se persoonlike data te beskerm deur middel van gevestigde sekuriteitstandaarde en -prosedures. Alle Horizons-kantore beskik oor fisiese, elektroniese en bestuursbeveiligingsprosedures om verlies, misbruik, ongemagtigde toegang, bekendmaking, wysiging en vernietiging van data te voorkom.

Let op dat indien u inligting aan enige iemand by Horizons gee, u dit aan Horizons as ’n geheel gee. U inligting kan dus uitgevoer word na, verwerk word in en toeganklik wees in lande waarvan die wette ’n ander vlak van beskerming bied as wat u in u eie land gewoond is. Waar u inligting ook al gebruik word, doen die adviesdiens alles in sy vermoë om u privaatheid en die beskerming van persoonlike data te verseker.


Die adviesdiens se beste praktyk behels ’n bindende nieopenbaarmaking- en vertroulikheidsooreenkoms met al sy kliënte. Daarom kan ons onder geen omstandighede tradisionele besigheidsverwysings van bestaande en/of voornemende kliënte gee nie.

By Horizons is dit nie net ons plig nie, maar ook ons plesier om u as kliënt te dien. Wees verseker dat die adviesdiens verskeie protokolle aangeneem het en tegniese voorsorgmaatreëls ingestel het om die beskerming van u data in ons wêreldwye netwerk te verseker.

Toegang deur derde partye


Horizons kan moontlik, in ooreenstemming met ons professionele en etiese verpligtinge, andere toelaat om u inligting te bekom om data namens ons te verwerk wat met die bedryf van ons besigheid verband hou, of indien bekendmaking van u inligting in u belang is of andersins toegelaat, vereis of gemagtig word ingevolge toepaslike wetgewing.

Voordat Horizons enige derde party toegang tot u inligting verleen vir die doel om ons besigheid te bedryf, sal ons alle redelike stappe doen om te verseker dat sodanige derde party ’n goeie besigheidsreputasie het en ten minste dieselfde vlak van privaatheidsbeskerming bied as wat ons aan ons kliënte bied.

Diversiteit

Diversiteit en insluiting is inherente waardes wat ons sukses bewerkstellig

Horizons is trots om ’n internasionale korporatiewe adviesdiens genoem te word, en ons weier om deur geografiese of kulturele grense teruggehou te word. Ons bied ons dienste aan persone, entiteite en belanghebbendes wat korporatiewe besigheidsoplossings verlang.

Ons is ’n gelykegeleentheid-werkgewer, maar ons diskrimineer nie op grond van geslag, ras, gestremdheid, gesinstatus, nasionaliteit, geloof, politieke affiliasie of enige ander faktore nie. Dit klink miskien soos iets wat almal sê, maar ons voortbestaan hang juis van sulke ideale af.

As korporatiewe wêreldburger beskou ons kruiskulturele sensitiwiteit en genuanseerde begrip as van groot waarde. Ons sit dit om in werklike praktyk, en bly daartoe verbind om probleme en uitdagings te beskou deur ’n bril van meerdere sosiokulturele en sistemiese perspektiewe. Dit vorm die grondslag van ons unieke vermoë om met hoogs kreatiewe kliëntoplossings vorendag te kom wat suksesvolle uitkomste verseker.

Ons probeer optree as positiewe brugbouer tussen lande en kulture om ons kliënte, hul belanghebbendes en gemeenskappe ten volle te bedien. Sodanige diversiteit en insluiting is fundamenteel vir ons advies en doelwitte

Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid

Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid soos dit behoort te wees

As korporatiewe adviesraad is ons daartoe verbind om besigheid te doen volgens gevestigde beste praktyke in elk van die lande waarin ons werksaam is. Deel van hierdie doelwit is om te voldoen aan die beginsels wat ons kliënte, besigheidsvennote, werknemers en belangrike belanghebbendes die beste dien.

Ons maak nie ’n groot vertoon soos om speelgronde te bou, fondsinsamelings te borg of ons verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid te loof nie, maar dra eerder ons korporatiewe verantwoordelikheid uit deurdat ons dienste en oplossings gee wat ons kliënte in staat stel om hul eie sosiale verantwoordelikheid na te kom. Ons streef besigheidstrategieë na wat bydra tot maatskaplike ontwikkeling deur ’n balans te skep tussen korporatiewe aansporings en maatskaplike en omgewingsdoelwitte.

Ons betaal werknemers billike lone, bied vir hulle voldoende gesondheidsorg, en vermy of beëindig aktiwiteite wat die gemeenskaplike welstand van die samelewing kan skaad. Ons werk saam met kliënte om breër te dink by die oplos van probleme, deur kennis en middele in verskeie sektore te deel. Ons identifiseer die koste (letterlik en figuurlik) wat korporasies aan die samelewing oordra, en evalueer die waarde daarvan in ondernemings se besigheid.

By die meeste maatskappye is uiterlike korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid bloot ’n bemarkingstrategie in plaas van werklike altruïstiese korporatiewe gedrag. By Horizons neem ons ’n ander, meer strategies gefokusde benadering tot korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid. Ons hoop om uitkomste te behaal waarvan die voordele min fanfare verdien maar verreikende resultate vir ons kliënte en verder het.

Vrywaring

Die fynskrif

HORIZONS CORPORATE ADVISORY HOLDING LTD. (“HORIZONS”) onderhou hierdie webwerf om algemene inligting te gee oor HORIZONS, sy prokureurs, adviseurs en professionele personeel en hul dienste aan HORIZONS se kliënte, vennootentiteite, gesagsliggame of die publiek. Die materiaal op hierdie webwerf is deur HORIZONS opgestel en is slegs ter inligting – dit is nie regsadvies nie. Internet-intekenaars en aanlyn lesers wat inligting via hierdie webwerf ontvang, moenie daarop vertrou of staatmaak sonder om ’n professionele regsadviseur te raadpleeg nie. HORIZONS aanvaar nie versoeke vir regsadvies via sy webwerf nie en bied nie regsadvies op sy webwerf nie. Hierdie inligting vorm nie ’n prokureur-kliënt-verhouding nie.

Hierdie webwerf is nie bedoel as bron vir regsmenings of -advies nie, en u moenie op enige inligting op hierdie webwerf staatmaak nie. Die wette, wetlike owerhede, reëls en regulasies waarna daar op hierdie webwerf verwys word, is onderhewig aan hersiening en interpretasie. Die materiaal op hierdie webwerf is moontlik nie die mees onlangse weergawes, bepalings of interpretasies van sodanige wette, wetlike owerhede, reëls of regulasies nie.

Alle inligting en materiaal op hierdie webwerf is slegs vir algemene inligtingdoeleindes, en sodanige inligting en materiaal is nie regsmenings of -advies nie. Enige sodanige menings of advies is afhanklik van die toepassing van die wet op die bepaalde feite en omstandighede van ’n gegewe situasie, en moet deur ’n gelisensieerde prokureur in die uitoefening van sy of haar professionele oordeel gegee word nadat ’n prokureur-kliënt-verhouding gevestig is en op grond van die uitoefening van die prokureur se professionele oordeel na oorweging van sodanige feite en omstandighede. Die regsontwikkelings, -uitsprake, -skikkings of -prestasies wat in hierdie materiaal beskryf word, moet nie beskou word as ’n aanduiding van toekomstige resultate nie.

U moenie die inligting wat HORIZONS op hierdie webwerf gee, beskou as ’n uitnodiging vir ’n prokureur-kliënt-verhouding nie, en u moet altyd die advies van bevoegde regsadviseurs in u eie jurisdiksie raadpleeg. HORIZONS gaan nie via hierdie webwerf, per e-pos of andersins ’n prokureur-kliënt-verhouding aan met enige aanlyn leser via aanlyn kontak nie. Kommunikasie met HORIZONS via hierdie webwerf, per e-pos of andersins skep nie ’n prokureur-kliënt-verhouding vir enige wettige aangeleentheid waarvoor ons u nie reeds verteenwoordig nie. Gevolglik is dit moontlik dat u kommunikasie nie vertroulik hanteer sal word nie. Indien u wil dat HORIZONS u in ’n saak verteenwoordig, skakel +86 21 5356 3400. Voordat HORIZONS aanvaar om u te verteenwoordig, sal ons moet ondersoek of dit ’n belangebotsing tot gevolg het.

Hierdie webwerf (insluitend inligting en ander inhoud) word voetstoots deur HORIZONS verskaf. HORIZONS maak geen voorstellings of bied geen waarborge van enige aard, uitdruklik of geïmpliseer, oor die werking of inhoud van die webwerf nie. HORIZONS verwerp uitdruklik alle ander waarborge, voorwaardes en voorstellings van enige aard, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, hetsy uit enige wet, reg, kommersiële gebruik of andersins, insluitende geïmpliseerde waarborge van verkoopbaarheid, geskiktheid vir ’n bepaalde doel, titel en nieskending.

HORIZONS of enige van sy lede, beamptes, werknemers, agente of geaffilieerde sal onder geen omstandighede direk of indirek, volgens enige regsteorie (kontrak, delik, nalatigheid of andersins), aanspreeklik wees vir enige direkte, indirekte spesiale, toevallige, strafregtelike of gevolglike eise, verliese of skade wat voortspruit uit of veroorsaak word deur die skep, gebruik of vertrou op hierdie webwerf (insluitende inligting en ander inhoud) of enige derdeparty-webwerwe of die inligting, hulpbronne of materiaal wat via enige sodanige webwerwe verkry word nie.

U moenie die inligting wat HORIZONS op hierdie webwerf gee, beskou as ’n uitnodiging vir ’n prokureur-kliënt-verhouding nie, en u moet altyd die advies van bevoegde regsadviseurs in u eie jurisdiksie raadpleeg. HORIZONS gaan nie via hierdie webwerf, per e-pos of andersins ’n prokureur-kliënt-verhouding aan met enige aanlyn leser via aanlyn kontak nie. Kommunikasie met HORIZONS via hierdie webwerf, per e-pos of andersins skep nie ’n prokureur-kliënt-verhouding vir enige wettige aangeleentheid waarvoor ons u nie reeds verteenwoordig nie. Gevolglik is dit moontlik dat u kommunikasie nie vertroulik hanteer sal word nie. Indien u wil dat HORIZONS u in ’n saak verteenwoordig, skakel +86 21 5356 3400. Voordat HORIZONS aanvaar om u te verteenwoordig, sal ons moet ondersoek of dit ’n belangebotsing tot gevolg het.

Hierdie webwerf (insluitend inligting en ander inhoud) word voetstoots deur HORIZONS verskaf. HORIZONS maak geen voorstellings of bied geen waarborge van enige aard, uitdruklik of geïmpliseer, oor die werking of inhoud van die webwerf nie. HORIZONS verwerp uitdruklik alle ander waarborge, voorwaardes en voorstellings van enige aard, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, hetsy uit enige wet, reg, kommersiële gebruik of andersins, insluitende geïmpliseerde waarborge van verkoopbaarheid, geskiktheid vir ’n bepaalde doel, titel en nieskending.

HORIZONS of enige van sy lede, beamptes, werknemers, agente of geaffilieerde sal onder geen omstandighede direk of indirek, volgens enige regsteorie (kontrak, delik, nalatigheid of andersins), aanspreeklik wees vir enige direkte, indirekte spesiale, toevallige, strafregtelike of gevolglike eise, verliese of skade wat voortspruit uit of veroorsaak word deur die skep, gebruik of vertrou op hierdie webwerf (insluitende inligting en ander inhoud) of enige derdeparty-webwerwe of die inligting, hulpbronne of materiaal wat via enige sodanige webwerwe verkry word nie.

 

Hierdie webwerf kan in u jurisdiksie as reklame beskou word. In die mate wat reëls in u jurisdiksie van HORIZONS vereis om ’n hoofkantoor of ’n prokureur vir hierdie webwerf aan te wys, wys HORIZONS sy kantoor in Torino, Italië as hoofkantoor aan en dui hy mev Lucia Myriam Gisa NETTI aan as die prokureur verantwoordelik vir hierdie webwerf.

* = required field